Miljoenêrsdogter Alta van Eden besluit om ¿ verpleegster te word ná haar pa in ¿ ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken - en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat ¿ eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.