|
Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het in 2016 die prestige-ryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskryf is. Sy boeke, waarvan die onlangste Die laaste Afrikanerleiers is, bly topverkopers.
|