Die oomblik toe Hannah vir Tony ontmoet weet sy hier kom moeilikheid. Hy leer haar egter as Anna ken en sy kan nie anders as om die geheim versigtig te bewaar nie.
Ciska Olivier bestuur saam met haar man 'n oord in Omaruru, Namibië. Met haar man se aanmoediging en haar alewige verbeelding het sy gereeld tyd gekry om te skryf en ná sy 'n elektroniese skryfkursus deur Madelie Human - toe reeds een van haar gunsteling skrywers - voltooi het, is haar skrywersdroom uiteindelik in 2018 bewaarheid.