THE BOOK
Aliens of the bad kind are coming!
To save Earth from invasion, there's only one person for the job …
THABO, THE SPACE DUDE!
His reaction? "WHY MEEEE!?"
Thankfully, he won't be blasting off alone. His best pals and his pet chicken are going along for the ride.
Their mission is clear: return the crystal known as the Beacon of Universal Energy and Light to Emperor Wonky Nebulae.
Just one small problem (okay, maybe not so small): The crystal is guarded by a huge, scary, blob-like beast with about forty dangly eyeballs!
Will Thabo and his friends save the crystal and stop an alien invasion? Or will Earth be doomed?
Get ready to blast off on the zaniest, craziest, out-of-this-world adventure ever!
Thabo the space dude: log book 4 is the last book in this series.
DIE BOEK
Die aliens is op pad! En nie die gawe soort nie …
Om die Aarde te red, is daar net een persoon vir die werk.
THABO!
En sy reaksie? Net twee woorde: "HOEKOM EK?!"
Gelukkig is hy nie alleen nie. Sy beste vriende en sy troetelhoender gaan saam vir die rit.
Hulle missie is duidelik: Bring die kristal bekend as die Baken van Universele Energie en Lig terug na Keiser Wonky Nebulae.
Daar's net 'n klein probleem (oukei, dalk nie so klein nie): Die kristal word bewaak deur 'n groot, vreesaanjaende, blob-agtige monster met omtrent veertig hangende oë!
Sal Thabo en sy vriende die kristal red en keer dat die aliens Aarde toe kom?
Maak gereed om te vertrek op die gekste, malste, uit-hierdie-wêreld avontuur ooit!
Hierdie is die laaste boek in die reeks.